


JT & ELIZMA



JT het Elizma die eerste keer by die aksie-krieketbane raakgesien, waar sy saam met vriende gesit en ’n ander span ondersteun het. Alhoewel hulle “mutual friends” gehad het en al voorheen paaie gekruis het, het hul roetes mekaar nooit regtig ontmoet nie. Daardie dag was anders. Hy het op die baan langs haar gespeel, en dit was haar “sporty look” , hoedjie en poniestert wat sy aandag getrek het - ’n voorkoms wat hy tot vandag toe onthou as “effortlessly cute”.
Hul storie het amptelik in November begin toe ’n verjaarsdagboodskap vir Elizma se ma ,op Instagram, JT aangespoor het om in haar DM’s in te glip, vol selfvertroue en oortuig dat die beste mense in November verjaar (net een dag ná sy eie verjaarsdag). Van daar af het die gesprek natuurlik gevloei en gou hul gedeelde belangstellings onthul - ’n liefde vir aktief wees, goeie gesprekke, en ’n indrukwekkende waardering vir goeie wyn.
Ná daaglikse geselsies regdeur die Desembervakansie, het dinge ernstig geraak die oomblik toe Elizma terug huis toe gekom het. Hul eerste afspraak het tot vele ander gelei, en kort voor lank het hulle mekaar elke dag gesien. Een van hul eerste betekenisvolle oomblikke het gekom toe JT besluit het - met min ruimte vir debat - dat hulle saam aan ’n wedloop sou deelneem. Daardie dag het Elizma ’n persoonlike beste gehardloop, gedryf deur vasberadenheid en net ’n tikkie begeerte om hom te beïndruk.
Byna ’n jaar later, op die strand in Groot Brak, het JT vir Elizma gevra om met hom te trou. Al het sy dalk ’n klein vermoede gehad, hou sy vol dat dit steeds ’n verrassing was - veral toe sy sien hoe senuweeagtig hy was. Dit was ’n “magical” oomblik, en die perfekte begin van hul vir altyd.


19 SEPTEMBER 2028 | #keepitCLAASSy
FAQ

HOELAAT BEGIN DIE TROUE?
Gaste arriveer vanaf 14:30.
Seremonie begin stiptelik 15:00.
HOE LAAT EINDIG DIE TROUE?
Die troue eindig stiptelik om 00:00.
SAL DIE TROUE BINNE OF BUITE WEES?
Die seremonie sal buite plaasvind met ’n uitsig oor die pragtige Magaliesberge. Die onthaal sal binne die venue plaasvind.
MAG EK FOTO’S NEEM TYDENS DIE SEREMONIE?
Ons hou dit graag “unplugged”. Sit asseblief jou foon weg en geniet die oomblik saam met ons — ons fotograaf sal alles mooi vasvang.
KAN EK FOTO’S NEEM TYDENS DIE ONTHAAL?
Beslis! Daar sal ’n QR-kode beskikbaar wees waar julle deur die aand julle foto’s kan oplaai. Ons kan nie wag om die aand deur julle oë te sien nie!
HOE WERK DIE KROEG?
Daar sal ń kontant kroeg met kaart fasiliteite wees.
Geen verversings van buite mag op die onthaal se terein nie, ń boete sal die gevolg wees.
IS DAAR ’N DRAGKODE?
Ons vra asseblief dat gaste volledig in swart aantrek – geen wit hemde of rokke nie. Dit help ons om die foto’s en styl van die dag presies reg te kry.
WAT VAN PARTYTJIESKOENE?
Bring gerus jou witste, gemaklikste sneakers vir later wanneer die dansvloer roep.
MAG EK 'N METGESEL BRING?
Metgeselle slegs per uitnodiging.
MAG EK MY KINDERS BRING?
Ongelukkig geen kinders.
TEEN WANNEER MOET EK RSVP?
RSVP voor 30 Junie 2026.


TROUPROGRAM
14:30
Gaste arriveer
15:00
Seremonie
16:00
Canapés & Foto's
18:00
Onthaal & Formaliteite
19:30
Feesmaal
20:30
Feesvieringe

AKKOMMODASIE
Daar is ń paar opsies vir oornagverblyf, voel vry om asseblief self julle verblyf te bevestig.
Die area staan bekend as Skeerpoort,
indien jy vir nog opsies wil soek.
Let wel: Daar is ’n paar venues in die omgewing wat ook troues hou. Maak asseblief seker om vroegtydig te bespreek en moenie wag tot op die laaste nippertjie nie.


GESKENKE
Julle teenwoordigheid op die dag is die grootste geskenk waarvoor ons kon vra. Indien julle egter graag iets wil bydra, sal ons 'n kontantbydrae tot ons nuwe lewe saam opreg waardeer. Bankbesonderhede:

LIEFDESOOMBLIKKE
Volg die skakel of skandeer die QR kode om die fotos en videos wat jy tydens ons troue geneem het op te laai. Ons sien uit om ons spesiale dag deur jou lens te herleef.

RSVP HIER

