top of page
17D8B439-EA11-4837-8C8F-F3F02FEB8408_edited.png
HENRÉ & CHANÉ
17.04.2027

Vir altyd begin hier

High school sweethearts”, soos die spreekwoord sê — maar ons storie is soveel meer: ons was twee siele wat mekaar op presies die regte tyd gevind - en nodig - gehad het.

Op 8 Augustus 2021 het dié storie in een van liefde verander. Van daardie oomblik af het ons lewens so ineengeweef geraak dat ons eenvoudig ‘inseparable’ geword het. Ons het saam deur die storms en die stiltes van die lewe beweeg. Maar in elke seisoen het ons mekaar se veiligste plek geword; die een hawe waar die wêreld vir ’n oomblik kon stilstaan.

Wanneer ons terugkyk oor elke hoofstuk, besef ons hoe God se hand deur elke ‘detail’ van ons verhaal was. Ons glo dat ons storie nie net ’n toevallige ontmoeting was nie, maar deel van ’n groter verhaal wat Hy lank voor ons reeds begin skryf het.

Op 14 Junie 2025 het Henré vir ’n ewigheid gevra, en Chané het met haar hele hart “ja” gesê.

Maar ons mooiste “ja” lê nog voor.

Op 17 April 2027 staan ons voor God en ons geliefdes om ’n onverbreekbare verbond te sluit — om mekaar te kies, lief te hê, te beskerm en te dien, deur voor- en teenspoed, vir al die dae van ons lewe.

IMG_2168.JPG
IMG_2488.JPG

#ToHaveandtoHarmzen

Website ideas(6).png

Bona Bona

GAME LODGE

IMG_2483.JPG

HENRÉ en CHANÉ

SAAM MET HUL OUERS

Nooi u hartlik uit na hulle huweliksbevestiging 

17 APRIL 2027

“Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” ‭‭1 JOHANNES‬ ‭4‬:‭19‬ ‭AFR83‬‬

“Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” ‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭13‬:‭7‬ ‭AFR83‬‬

Fyner detail

Website ideas(3).png
TYD
Gaste word van 14:30 verwelkom.
Seremonie begin 15:00.
ADDISIONELE GASTE
Metgeselle en kinders slegs per uitnodiging
Website ideas(2).png
Website ideas(4).png
Website ideas(5).png
DRANKIES
Kontantkroeg beskikbaar.
RSVP DATUM
RSVP teen 1 Februarie 2027.
IMG_2109.JPG

Kleredrag

DALL·E 2025-02-10 15.40.50 - A hand-drawn illustration of an elegant, minimalistic black f
Formeel | Swart

Ons nooi u vriendelik uit om in formele,
geheel-swart drag te verskyn.

DAMES
 

Swart uitrustings: Geen wit klere of wit bykomstighede nie.

 Lengte & Styl: Geen denims, kort rokke, kort rompe of kortbroeke nie (langbroeke, lang rompe, of midi- en maxi-rokke word verkies).

 Skoene: Hakskoene is opsioneel, maar word verkies (plat, elegante sandale/skoene is toegelaat).

 Bykomstighede: Sag/Neutrale bykomstighede (skoene, oorbelle en handsakke) word toegelaat. 



HERE
 

Swart uitrustings: Geen wit klere of wit bykomstighede nie.

 Lengte & Styl: Lang, formele swart kerkbroeke (geen denims of kortbroeke nie). 'n Swart knoophemp (swart baadjie en das is opsioneel, maar word verkies).

 Bykomstighede: Sag/Neutrale bykomstighede (skoene en gordels) word toegelaat.

Ons vra dat gaste die formele, elegante aard van die geleentheid in ag neem wanneer hulle hul uitrusting kies.
IMG_2391.JPG

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”

‭‭MATTHEUS 6‬:‭33‬ ‭AFR53‬‬

Website ideas.png

Venue Verblyf

Bona Bona Game Lodge
+27 71 674 9969 | +27 18 451 1188
info@bonabona.co.za

< SIEN MEER >

Alternatiewe Verblyf

Motswedi Gaste Plaas

(5.3 km vanaf Bona Bona Game Lodge)
+27 67 034 3549
info@n12motswedi.co.za

Grootbosch Guest Farm

(14 km vanaf Bona Bona Game Lodge)
+27 62 468 2428
info@grootbosch.co.za

Website ideas.png
IMG_2306.JPG

GESKENKWENS

Julle teenwoordigheid op ons troudag is vir ons die grootste geskenk en iets wat ons vir altyd sal koester. Vir dié van julle wat graag iets sou wou gee, sal ’n geldelike bydrae vir ons nuwe hoofstuk opreg waardeer word. Ons verskaf graag ons bankbesonderhede hieronder. BANKBESONDERHEDE: Capitec Bank Account Type: Savings Account Number: 2023852850 Branch Code: 470010 Account Holder : H. Harmzen

IMG_2408.JPG
IMG_2163.JPG

“Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie.” ‭‭

PREDIKER‬ ‭4‬:‭12‬ ‭AFR83‬‬

IMG_2206.JPG
17D8B439-EA11-4837-8C8F-F3F02FEB8408_edited.png

Hoop ons sien jou daar!

Website ideas(1).png
Website ideas(1).png
designed by hd

© 2026 by Hound Design Studio

bottom of page