top of page


.png)
JACOBUS & ANDREA
06/12/2025



ons beloof ons liefde
'n Doodgewone Kaapstad nag, wemelende aandlewe en dowwe beligting. Die lug was versadig met opwinding en gelag van vriende na 'n lang dag se werk. Met net genoeg energie vir nog een rondte, besluit Andrea en vriende dit is tyd vir 'n laaste klinkie by 'n ander ligging - Village Idiot.
Daar aangekom, vang haar oog 'n lang man met donker hare. Sy oog kan haar ook nie mis nie. Die oogblikke het ’n spanningslyn geskep. Toe die man uiteindelik vra: “Wat drink jy?”, was die koeël deur die kerk. Na ure se gesels wat net soos minute gevoel het, was dit tyd vir huis toe gaan, maar hulle altwee het geweet dit sal nie die laaste gesels wees nie. Die begin van Andrea en Jacobus.
Dié eerste ontmoeting was maar net die voorwoord van ’n pragtige liefdesverhaal. Sedertdien het ons kosbare herinneringe saam gemaak - en ook saam met elkeen van julle. Nou kan ons nie wag om die volgende hoofstuk op ons troudag te begin en dit saam met julle te vier nie!
SEREMONIE
Gaste word vanaf 15:00 verwelkom. Seremonie begin om 15:30.
RSVP DATUM
RSVP teen 15 Augustus 2025.
KLEREDRAG
Formeel.
Ons vra vriendelik dat dames asseblief nie kort rokkies dra nie, en dat mans eerder formele drag verkies as chinos.
ADDISIONELE GASTE
Metgeselle slegs per uitnodiging. Ongelukkig geen kinders.
DRANKIES
Kontantkroeg beskikbaar.
Voorafdrankies is op ons. Daar sal wyn op die tafels wees, en verdere drankies sal vir elke gas se eie rekening wees.
GESKENKWENS
Ons nessie is reeds geveer, maar 'n geldjie sal ons baie waardeer! Bankbesonderhede: Rekeningnommer - 1129642125 Takkode 470010 Bank Capitec Rekeningtipe: Spaar Verwysing: Naam & Van (ons sal graag wil dankie sê)
AKKOMMODASIE
Vir ons gaste se gerief het ons ’n lys van omliggende akkommodasie saamgestel. Voel egter vry om ook op platforms soos Booking.com en Airbnb rond te kyk vir blyplek wat by jou behoeftes en begroting pas.
< SIEN LYS >

Kom vier die dag saam met ons!

#BothmaBelofte

.png)
hoop ons sien jou daar!
designed by HDS
bottom of page