top of page
a-187.jpg

JODY & DIAAN

WEDDING LOGO - Jody de Ru(1)_edited.png

kliek speel

a-62.jpg
a-96.jpg
a-44.jpg

TWEE HARTE WORD EEN

Liefde het ’n besondere manier om ’n mens onverwags te vind en jou wêreld vir altyd te verander. Twee mense uit verskillende wêrelde, heeltemal teenoorgesteldes van mekaar – die een waar tyd altyd genoeg is, en die ander waar daar nooit genoeg tyd is nie. Dit is presies die storie van ons liefde.

Ons verhaal het begin met ’n eenvoudige aanlyn boodskap, en ’n paar jaar later bestaan dit uit hope kilometers (196 km om presies te wees), talle trane, eindelose lag, onvergeetlike herinneringe en ongelooflik baie liefde.

Deur alles wat die lewe oor ons pad gebring het, was daar twee dinge wat ons gedra het: ons liefde vir God en ons liefde vir mekaar. Dit is die fondament waarop ons verhouding gebou is en die rede waarom ons vandag hier is.

Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag saam met die mense naaste aan ons harte te vier nie!

TSHIKWALO

LODGE
a-157.jpg

20 FEBRUARIE 2027

image00011.jpeg
FYNER DETAIL
WEDDING LOGO - Jody de Ru(1).PNG
SEREMONIE
Saterdag om 16:00.
INBOEKTYD
Gaste wat Saterdagaand oorslaap kan reeds van 11:00 af inboek.

Gaste wat nie Saterdagaand oorslaap nie, word vriendelik gevra vanaf 15:00 te arriveer. Dit gee genoeg tyd om die administratiewe gedeelte af te handel en seker te maak julle is betyds vir die seremonie.

Vir enige vrae of onsekerhede, voel asseblief vry om vir Jody te kontak!
RSVP DATUM
20 November 2026.
KLEREDRAG
Semi-formeel.
Helder kleure, geen patrone, strepe of blomontwerpe nie.
ChatGPT Image Jun 10, 2026, 02_20_40 PM.png
ADDISIONELE GASTE
Ons is mal oor kinders, maar vir een dag leen ons julle net vir onsself!

Metgeselle is slegs per uitnodiging ingesluit.
DRANKIES
Kontantkroeg beskikbaar.

#DieCoetzeeFees

a-168.jpg
a-88.jpg
AKKOMMODASIE

Verblyf is vir al ons gaste op die venue beskikbaar, sodat julle die vieringe saam met ons kan geniet sonder om oor reisreëlings bekommerd te wees!

 

Die koste beloop R935 per persoon en sluit verblyf sowel as ontbyt vir Sondagoggend in.

 

Finale betaling om akkomodasie te verseker is, 31 Desember 2026

Gebruik asseblief die bankbesonderhede hieronder, gebruik as verwysing die naam van die persoon(e) vir wie die betaling gemaak word. Stuur daarna die bewys van betaling via WhatsApp aan Jody. BANKBESONDERHEDE: Rekeningnaam: J de Ru Bank: Standard Bank Rekeningnommer: 10 24 116 520 0 Takkode: 00051001 Verwysing: Naam en van + aantal gaste waarvoor betaal word.

a-187.jpg
GESKENKWENK

Om ons dag saam met julle te deel is reeds ’n groot seën en die mooiste geskenk. Vir dié wat graag ’n bydrae wil maak tot ons toekoms saam, sal ons dit met groot dankbaarheid ontvang! BANKBESONDERHEDE: Rekeningnaam: J de Ru Bank: Standard Bank Rekeningnommer: 10 24 116 520 0 Takkode: 00051001 Verwysing: Naam en van

a-139.jpg
RSVP HIER
HOOP ONS SIEN JOU DAAR
9, 2026, 08_05_05 PM.png
designed by hd

© 2026 by Hound Design Studio

bottom of page